Hoe meer tyd ons in iemand anders se teenwoordigheid spandeer, hoe beter leer ons mekaar ken. Ons ervaar en neem waar hoe daardie persoon optree in allerhande soorte omstandighede; hoe ons daaroor voel, asook hoe die ander persoon voel en dit het tot gevolg dat ek my optrede en gesindheid aanpas, sodat ons met mekaar oor die weg kan kom en in relatiewe vrede kan lewe. Tuisonderwys gee ouers tot ‘n groot mate geleentheid om kinders attent te maak op die gevolge en impak van hulle woorde en dade. Wanneer kinders 6 tot 8 uit ongeveer 10 tot 12 ure van hulle wakker ure by ‘n skool spandeer, leer hulle om met ander mense oor die weg te kom, in plaas van hulle gesinslede en het onderwysers meer geleentheid tot sosiale opvoeding van kinders as hulle ouers. Dit ondermyn die Bybelse taak van die ouers.