Solidariteit het in 2006 die fakkel tot opleiding aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring. Sol-Tech bied reeds ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aan.
Sol-Tech is ʼn privaat tegniese opleidingsinstelling wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik. Sol-Tech bied formele opleiding in die volgende ambagte aan: Elektrisiën, Meulmaker, Dieselwerktuigkundige, Passer-en-draaier, Sweiser, Trekkerwerktuigkundige, Gereedskap- en Setmaatmaker. Die kollege beoog om mettertyd kursusse in ander skaars vaardighede ook aan te bied. Die hoofkampus is in Kirkney, Pretoria, geleë. Die personeel van Sol-Tech fasiliteer die onderrig van N1- en N2-vakke op die perseel van HTS Tuine.
Lees meer op hulle webwerf.
Nuutste Opmerkings