Beide die Klassiek onderwysmodel, sowel as die Charlotte Mason model le grootliks klem op die letterkunde en dit vorm die basis van al die verskillende aspekte van onderwys.
Charlotte Mason se filosofie, wat oor dekades deur haar gevorm is en uitgekristalliseer is in haar 6 volumes daaroor, is nie slegs ‘n metode of verbygaande mode nie – dit is ‘n manier waarop kinders, opvoeding en die lewe self in beskouing geneem word. Dwarsdeur haar lewe het sy probeer om een sentrale vraag te beantwoord: Hoe kan ons die beste opvoeding aan ons kinders gee op ‘n wyse wat beide hom/haar as persoon en sy/haar kapasiteit vir groei respekteer? Sy bespreek dit in terme van haar 20 Principles, ‘n rigtinggewende raamwerk wat oor jare van bepeinsing en praktiese ervaring gegroei en neergepen is. Vir ouers en opvoeders wat graag dieper wil kyk na haar idees en oortuigings, is die volgende webwerwe ‘n goeie begin. Dit sal jou op ‘n reis neem deur elk van haar beginsels, en haar “few salient points,” Comenius’ GOLDEN RULE, en die fundamentele idees wat sy beskou het as “hitherto unrecognized or disregarded.” Die 20 Principles plus addisionele afdelings, help ons om haar navorsing in konteks te beskou en uit te lig wat die belangrikste aspekte van onderwys is.
simplycharlottemason.com/what-is-the-charlotte-mason-method/
charlottemasoneducation.org./philosophy

Nuutste Opmerkings