Akademia staan vir die idee van Afrikaanse universiteitswese: dat die Afrikaanse student in Afrikaans die geleentheid van eersteklas hoër opleiding en opvoeding moet kry, om daardeur ʼn bydrae in sowel die wêreld as in sy gemeenskap te lewer.
Akademia is vanjaar in sy agtste akademiese jaar en bied verskeie ten volle geakkrediteerde kwalifikasies.
Akademia maak tans gebruik van ʼn hoëtegnologie-onderrigmodel wat dosente en studente in studiesentrums landswyd in virtuele studieruimte bymekaarbring. Hierbenewens is Akademia hard aan die werk om so spoedig moontlik ʼn omvattende residensiële universiteit naas sy huidige hoëtegnologie-onderrigmodel op te rig.
Vir 2018 aanvaar Akademia inskrywings vir die volgende:
- BCom (Ondernemingsbestuur)
- BCom (Bestuursrekeningkunde)
- BCom (Ekonomie en Regte)
- BCom (Finansiële Beplanning)
- BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
- Gevorderde Diploma in Projekbestuur
- Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
- Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
Ontwikkeling geskied tans om onder meer die volgende kwalifikasies toe te voeg:
- BCom Rekeningkunde;
- B-graad in Verpleging;
- LLB;
- Nagraadse programme in Ekonomie, Ondernemingsbestuur en meer.
Akademia brei sy landswye voetspoor van studiesentrums uit, en het tans dertien studiesentrums regoor Suid-Afrika.
Akademia as ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging en geakkrediteer deur die Hoëronderwyskwaliteitskomitee van die Raad op Hoër Onderwys, die statutêre liggaam wat alle hoër onderwysprogramme en -inrigtings in Suid-Afrika akkrediteer. By Akademia is plaaslike akkreditasie maar net die begin, met internasionale erkenning as mikpunt.
Meer oor studies by Akademia.
Nuutste Opmerkings