‘n Volledige outonome leer kurrikulum, uitgewerk deur dr. Robinson, ‘n uitstaande chemikus en voedingswetenskaplike, na sy vrou se skielike dood en terwyl hy steeds voltyds gewerk het.  Dit is toegepas en verfyn deur sy 6 kinders (in daardie stadium 12, 10, 8, 6, 6, <2) wat nou almal suksesvolle loopbane as wetenskaplikes het, o.a. ‘n veearts, 3 chemie-verwant, ‘n wiskundige en ‘n fisikus.

Die kurrikulum is gefokus op die voorbereiding van kinders vir die moderne wereld, sonder veel direkte insette van ouers of onderwysers. Dit sluit in wiskunde, fisiese wetenskappe, geskiedenis, letterkunde, ekonomie en kunste.

Die belangrikste uitgangspunt is om kinders te leer om produktief te dink en studiemetodes te ontwikkel wat diepgaande studie fasiliteer in hulle latere lewe.  Dit is tydbesparend vir ouers en kinders en gee studente die fondament om uitstaande kennis en lewenslange studiegewoontes aan te leer.

https://www.robinsoncurriculum.com/complete-12-year-education/

http://www.independentscientist.com/