God’s Design for Science – Richard & Debbie Lawrence
‘n Goeie inleiding tot en basiese kursus in natuurwetenskappe, wat bestaan uit drie boeke elk vir Aardrykskunde/Astronomie (weer en ruimte) Fisika, Chemie en Biologie. Dit is geskik vir ouderdom ongeveer 10 – 14 jaar en kan gebruik word vir selfstudie vir ‘n kind wat Engels magtig is, met ‘n paar terme per les wat maklik vertaalbaar is of deur ‘n ouer wat met minimale voorbereiding kan vertaal soos jy lees. Lesse is kort, vrae en opdragte kan uit die les beantwoord word, met enkele vrae wat die kind aanspoor om dieper te dink of op te lees as hy wil. Dit is ‘n volledige kursus tot op std 7-vlak (in skoolterme) en dus voldoende vir ‘n kind wat nie ‘n wetenskaplike rigting wil inslaan nie.
Dit is beskikbaar by Answers in Genesis en kan moontlik deur Creation Ministries aangevra word. Dit kan ook uit Amerika bestel word vanaf christianbook.com of rainbowresources.com.
Apologia – Jay Wile
www.creation.com
www.answersingenesis.org/store/curriculum/
www.apologia.com
Nuutste Opmerkings