Afrikaanse tuisonderwys is in sy kinderskoene en daar is ongelukkig ‘n groot leemte wat geskikte leermateriaal in Afrikaans betref. Ons is geheel en al oortuig van die besondere waarde en noodsaak van moedertaalonderrig – vir die beswil van die kind, maar ook ter wille van die voortbestaan van hoëvlak gebruik van Afrikaans of ander plaaslike tale. Dus beveel ons aan dat, waar Engelse kurrikulum gebruik word, die antwoord van vrae, opdragte en bespreking van leermateriaal in Afrikaans geskied. Lees meer hieroor en hoekom ons in die lig van bg. steeds Engelse kurrikulum aanbeveel.